INLIGTING TOV
EMOSIONELE - OF INNERLIKE HELING
HOEKOM EN HOE
NAGENOEG ALLE MENSE EMOSIONEEL DISFUNKSIONEEL IS
Weens die feit dat
die duiwel springlewendig op aarde is, gebruik hy ander om sy werk te doen.
Daar word byvoorbeeld
gevind dat verwerping al in uthero kan
plaasvind.
Sekere ouers kan
hulle seuns as dogters of vice versa opvoed omdat die seun /dogter as die
“verkeerde” geslag gebore is.
Kinders kan deur volwassenes
gemolesteer, aangerand, verkrag en verbaal aanhoudend afgekraak word - dit sal
daartoe aanleiding gee dat die kind “permanent” geskaad kan word.
Wat / wie ookal
die rede vir die trauma is, is die skade heelwat erger as dit in die baba-,
peuter-, kleuterstadiums en in die laerskool plaasgevind het as in latere jare.
Met ons geweldige
hoe % van veral geweld misdaad in SA ly baie mense[dikwels onwetend] aan Post
Traumatiese Stress Disfunksie.
SEKERE GEVOLGE VAN
TRAUMA [veral voor die ouderdom van 10jaar]
Alhoewel die
persoon intellektueel en liggamlik ontwikkel, “haak hy dikwels vas” in die
chronologiese
emosionele stadium
waarop die trauma plaasgevind het.
'n Onvermoe om
ander en/of homself te vertrou.
'n Agterdog dat :
“ omdat God hom in die verlede nie bygestaan het nie, Hy hom in die toekoms ook in die steek sal laat. “
Die aangaan van
ondeurdagte huwelike en die kies van vekeerde huweliksmaats.
Die gebruik van dwelms en alkohol om emosionele pyn te hanteer.
OPLOSSING
Aangesien sekere
gedagtes te “pynlik” of “gevaarlik” is, word hulle na die onderbewussyn
verdring. Hulle word deel van die bagasie van jou verlede, wat jou daaglikse
lewe beduiwel ! Dink byvoorbeeld aan mense se fobies: arachnifobie[vrees vir
spinnekoppe], Chlosterfobie[vrees vir engtes]ens.
Net soos 'n doring
in jou liggaam sal sweer, so sal 'n onverwerkte trauma in die onderbewussyn ook
“sweer”.
Die oplossing is
dus die vewydering van die doring/trauma.
Aangesien jou siel
die trauma kan
versteek, is dit belangrik dat die Heilige Gees dit moet “gaan haal” en dit
genees. Hierdie proses staan bekend as “Innerlike Genesing” of die “Heling van
die Emosies”. In die boek van Jesaja 61:1b:... “Hy het my gestuur om te verbind
die gebrokene van hart om vir die gevangene 'n vrylating uit te roep en vir die
geboeides opening van die gevangenis.”[1933 Vertaling].
‘n MINI GESKIEDENIS
VAN INNERLIKE GENESING
Die potensiaal vir
emosionele genesing was deur Jesaja geprofeteer[sien hierbo] en deur Christus
gedoen [ Jo. 4 : 1 – 26 en 8 : 1 – 11]
nadat Hy dit aangekondig het [Lukas 4 : 18 – 20].
.
Veral John en
Paula Sandford het in die tagtiger jare van die vorige eeu die fakkel gedra.
In sy
baanbrekerwerk het Ed Smith in die negentigerjare die sistemiese model van
Theophostic ontwikkel
Daar is tans 5
gedagteskole wereldwyd wat almal daargestel is om PTSD te hanteer.
DIE PROSES
Daar word van die
persoon wat berading gaan ontvang, verwag dat sy/hy ‘n emosionele identifikasievraelys
en ‘n outobiografiese vorm sal invul om die berader te help om agter die kap
van die byl te kom.
Daar word voor die
onderhoud (deur die terapeut) verduidelik wat verwag kan word.
*God word gevra om
die genesing te bring en bedank dat Hy
dit altyd doen.
*Hy word gevra om
die emosionele pyn te gaan haal wat nou genesing nodig het.[Gewoonlik “reis” Hy
saam met die klient of daag Hy op by die pyn wat uit die onderbewussyn na vore
gebring word en word die pyn weer ervaar.
*Hy verskyn in die pynprentjie en bring genesing deur 'n
woord en/of gesig en/of gevoel.
*Op die wyse word
insident per insident na vore gebring en genees totdat alle waargenome pyn
verwyder is.
(die emosionele
identifikasievraelys en autobiografiese vorm word as barometer gebruik om vas
te stel in hoe ‘n mate die genesing gevorder het.)
*'n “Debriefing” vind
plaas, waartydens sake (wat toeligting nodig het), opgeklaar word.
*God word gedank
vir wat hy gedoen het en die proses van genesing word geseel onder die bloed
van die Lam.
RESULTATE EN GEVOLGTREKKINGS
Emosionele
genesing en bevryding word gedoen. Slegs 1 trauma kan op ‘n slag hanteer word.
Die resultate is
positief en permanent [maw as die persoon bv. van seksuele molestasie genees is
hoef dit nie weer terapeuties besoek te word nie].
Na die bagasie van
die verlede verwyder is, is hy/sy by magte om God se ideal (e) vir hul lewe te kan leef (Ef 2 : 10 ).
Ons werk op +/-
95% suksessyfer. Nie omdat ons so effektief is nie maar wel God wat so
fantasties is.
Alhoewel die
berader self ‘n Christen moet wees , hoef die klient dit nie te wees nie : God
genees te danke of ten spyte van jou
geloofsoortuiging. Omdat God genees, kom
baie mense tot geloof in Christus, na die emosionele genesing plaasgevind
het.
UITSONDERINGS
Sekere
siektebeelde soos skisofrenie en dwelmmiddelahanklikheid[voor detoksifikasie ]
reageer swak op terapie.
Dit is nie baie
effektief vir mense wat aan Obsessiewe – Kompulsiewe Disfunksie ly nie.
Bibliografie
Sandford, J &
P [1982]: The Transformation of the Innerman . Bridge Publishing, Inc.
Smith, EM [2000]:
Beyond Tolerable Recovery. 4Th Edition, Campbellsville
KY : Alathia Publishing.
Inligting verkry
vanaf die internet.
Emosionele
genesing word landswyd gedoen en ons sal graag wil help met name en
telefoonnommers as u terapeute in emosionele genesing buite PTA sou benodig.
Hierdie is’n GSC brosjure. Skakel Gerhard de Villiers
by 012 – 997 7472 of 072 148 3820
e-pos : godspeedconsultancy@gmail.com www.godspeedconsultancy.co.za