Tuesday, 4 February 2014

INLIGTING TOV EMOSIONELE OF INNERLIKE GENESING

 INLIGTING TOV EMOSIONELE - OF INNERLIKE HELING

HOEKOM EN HOE NAGENOEG ALLE MENSE EMOSIONEEL DISFUNKSIONEEL IS

Weens die feit dat die duiwel springlewendig op aarde is, gebruik hy ander om sy werk te doen.

Daar word byvoorbeeld gevind dat verwerping al in uthero kan plaasvind.

Sekere ouers kan hulle seuns as dogters of vice versa opvoed omdat die seun /dogter as die “verkeerde” geslag gebore is.

Kinders kan deur volwassenes gemolesteer, aangerand, verkrag en verbaal aanhoudend afgekraak word - dit sal daartoe aanleiding gee dat die kind “permanent” geskaad kan word.

Wat / wie ookal die rede vir die trauma is, is die skade heelwat erger as dit in die baba-, peuter-, kleuterstadiums en in die laerskool plaasgevind het as in latere jare.

Met ons geweldige hoe % van veral geweld misdaad in SA ly baie mense[dikwels onwetend] aan Post Traumatiese Stress Disfunksie.

SEKERE GEVOLGE VAN TRAUMA [veral voor die ouderdom van 10jaar]

Alhoewel die persoon intellektueel en liggamlik ontwikkel, “haak hy dikwels vas” in die chronologiese
emosionele stadium waarop die trauma plaasgevind het.

'n Onvermoe om ander en/of homself te vertrou.

'n Agterdog dat : “ omdat God hom in die verlede nie bygestaan het nie, Hy hom  in die toekoms ook in die steek sal laat. “

Die aangaan van ondeurdagte huwelike en die kies van vekeerde huweliksmaats.

 Die gebruik van dwelms en alkohol om  emosionele pyn te hanteer.

OPLOSSING

Aangesien sekere gedagtes te “pynlik” of “gevaarlik” is, word hulle na die onderbewussyn verdring. Hulle word deel van die bagasie van jou verlede, wat jou daaglikse lewe beduiwel ! Dink byvoorbeeld aan mense se fobies: arachnifobie[vrees vir spinnekoppe], Chlosterfobie[vrees vir engtes]ens.

Net soos 'n doring in jou liggaam sal sweer, so sal 'n onverwerkte trauma in die onderbewussyn ook “sweer”.
Die oplossing is dus die vewydering van die doring/trauma.

Aangesien jou siel die trauma kan versteek, is dit belangrik dat die Heilige Gees dit moet “gaan haal” en dit genees. Hierdie proses staan bekend as “Innerlike Genesing” of die “Heling van die Emosies”. In die boek van Jesaja 61:1b:... “Hy het my gestuur om te verbind die gebrokene van hart om vir die gevangene 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis.”[1933 Vertaling].

‘n MINI GESKIEDENIS VAN INNERLIKE GENESING
Die potensiaal vir emosionele genesing was deur Jesaja geprofeteer[sien hierbo] en deur Christus gedoen [ Jo. 4 : 1 – 26 en 8 : 1 – 11]  nadat Hy dit aangekondig het [Lukas 4 : 18 – 20].

.
Veral John en Paula Sandford het in die tagtiger jare van die vorige eeu die fakkel gedra.
In sy baanbrekerwerk het Ed Smith in die negentigerjare die sistemiese model van Theophostic ontwikkel
Daar is tans 5 gedagteskole wereldwyd wat almal daargestel is om PTSD te hanteer.

DIE  PROSES

Daar word van die persoon wat berading gaan ontvang,  verwag dat sy/hy ‘n emosionele identifikasievraelys en ‘n outobiografiese vorm sal invul om die berader te help om agter die kap van die byl te kom.

Daar word voor die onderhoud (deur die terapeut) verduidelik wat verwag kan word.
*God word gevra om die genesing te bring en bedank dat  Hy dit altyd doen.

*Hy word gevra om die emosionele pyn te gaan haal wat nou genesing nodig het.[Gewoonlik “reis” Hy saam met die klient  of daag Hy op by  die pyn wat uit die onderbewussyn na vore gebring word en word die pyn weer ervaar.

*Hy verskyn  in die pynprentjie en bring genesing deur 'n woord en/of gesig en/of gevoel.

*Op die wyse word insident per insident na vore gebring en genees totdat alle waargenome pyn verwyder is.
(die emosionele identifikasievraelys en autobiografiese vorm word as barometer gebruik om vas te stel in hoe ‘n mate die genesing gevorder het.)

*'n “Debriefing” vind plaas, waartydens sake (wat toeligting nodig het), opgeklaar word.

*God word gedank vir wat hy gedoen het en die proses van genesing word geseel onder die bloed van die Lam.

 RESULTATE EN GEVOLGTREKKINGS

Emosionele genesing en bevryding word gedoen. Slegs 1 trauma kan op ‘n slag hanteer word.

Die resultate is positief en permanent [maw as die persoon bv. van seksuele molestasie genees is hoef dit nie weer terapeuties besoek te word nie].

Na die bagasie van die verlede verwyder is, is hy/sy by magte om God se ideal (e) vir hul lewe te kan leef (Ef 2 : 10 ).

Ons werk op +/- 95% suksessyfer. Nie omdat ons so effektief is nie maar wel God wat so fantasties is.

Alhoewel die berader self ‘n Christen moet wees , hoef die klient dit nie te wees nie : God genees te danke of  ten spyte van jou geloofsoortuiging. Omdat God genees,  kom baie mense tot geloof in Christus, na die emosionele genesing plaasgevind het. 

UITSONDERINGS

Sekere siektebeelde soos skisofrenie en dwelmmiddelahanklikheid[voor detoksifikasie ] reageer swak op terapie.
Dit is nie baie effektief vir mense wat aan Obsessiewe – Kompulsiewe Disfunksie ly nie.  

Bibliografie

Sandford, J & P [1982]: The Transformation of the Innerman . Bridge Publishing, Inc.

Smith, EM [2000]: Beyond Tolerable Recovery. 4Th Edition, Campbellsville KY : Alathia Publishing.

Inligting verkry vanaf die internet.

Emosionele genesing word landswyd gedoen en ons sal graag wil help met name en telefoonnommers as u terapeute in emosionele genesing buite PTA sou benodig.

Hierdie is’n GSC brosjure. Skakel Gerhard de Villiers by 012 – 997 7472               of                        072 148 3820
e-pos : godspeedconsultancy@gmail.com           www.godspeedconsultancy.co.za

Sunday, 26 January 2014